Vir alle optredes kontak Jopie Koen by 072 460 5568 of 012 329 0709 of stuur 'n epos na jopie@pierneefteater.co.za

OPTREDES 2021 - DV

Die deurwinterde liedjieskrywer en sanger, Jannie du Toit, neem vanjaar met groot dankbaarheid, sy vyftig jaar van sing en musiek maak in oënskou met ‘n musiekproduksie wat hy noem beSTEMmings. Daarin sing hy net Afrikaanse liedjies wat hy êrens gedurende die halfeeu gesing of opgeneem het. Die Nederlands, Engels en Frans word doelbewus uitgelaat om die program in een aand te kan inpas en Jannie sing in hierdie program net hartsmusiek wat deur sy vriende en homself geskryf is.

Sy musiekreis het begin gedurende die Paasvakansie van 1971, toe hy saam met sy niggie, Kotie, musiek gemaak het as ”Jakkie en Jannie” by Fanus Rautenbach se Flinkveriafees in Bronkhorstbaai. Hy vier nou die groot mylpaal deur soveel te sing as wat hierdie traumatiese tyd in die wêreldgeskiedenis hom toelaat, maar hy pak ook projekte aan wat die boodskap uitstuur dat hy nie eers daaraan dink om op te hou musiek maak nie. Hy is steeds so passievol en entoesiasties oor musiek en taal as wat hy in 1971 as jong RAU-student was, maar sy getroue ondersteuners asook kritici glo dat Jannie nou artistiek gesproke op die kruin van sy loopbaan is: as sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en verhoogkunstenaar. Hy word in sy feesvieringe gesteun deur kykNET, AfriForum Teater, die ATKV, die FAK en Maroela Media.

 

Vir alle navrae oor Jannie se optredes – besprekings, kaartjieverkope ens - skakel Jopie Koen by 072-460-5568 en/of stuur eposse beide aan jopie@pierneefteater.co.za en jannie@agterplaas.co.za

 

Jannie du Toit en sy geselskap vat vanjaar hande met die Nasionale Raad van en vir Mense met Gestremdhede (NCPD) se Loslitdag oftewel Casual Day, wat op 3 September geloods is en tot 3 Desember voortduur. Die fokus van die samewerking is op die Raad se programme vir kinders met gestremdheid. Loslitdag-plakkers sowel as alle inligting rondom dié alombekende insamelings-veldtog sal by alle optredes beskikbaar wees. Die landswye projek van en vir persone met gestremdhede het waarskynlik groter teenslae gekry as gevolg van COVID as die meeste ander mense, maar hulle werk onverpoosd om dit te oorkom en hulle ongelooflike werk voort te sit.

Jannie werk al sedert 2007 saam met die NCPD om bewustheid by die publiek te help bevorder in verband met die uitdagings wat  mense met gestremdhede in die gesig staar. Jannie se huwelik (in 2018) met Therina Wentzel, Nasionale Direkteur van hierdie liggaam, het sy betrokkenheid natuurlik verstewig. Sien www.ncpd.org.za en maak groot asseblief jou bydrae deur plakkers, hempies of hoede te koop.

SEPTEMBER 2021

'N LIEDJIE VIR JOU - REEKS VAN 13 PROGRAMME OP kykNET NOU

Vanaf Woensdag 29 September tot net voor Kersfees word Jannie se bydrae tot Afrikaanse musiek en kultuur deur kykNet  geëer. ‘n Reeks van dertien programme - getitel  ‘N LIEDJIE VIR JOU – word Woensdagaande 21h00, met herhalings elke week op die Sondagmiddag om 15h00 en Maandag om 20h00 - op kykNet NOU uitsaai.

Die skedule van programme - tussen 50 en 90 minute lank - lyk soos volg:

§   29 September Legendes – Wynand Dreyer en Christelle Parrot se dokumentêre program oor Jannie (2016);

§   6 Oktober Singstories – ‘n kykNET-program van gesprekke met Jannie, afgewissel met die uitvoering van liedjies deur hom en sy ensemble – Susan Mouton en Clinton Zerf (2014);

§    13 Oktober Skadu’s teen die muur, ‘n huldigingsprogam aan Koos du Plessis (1993) onder regié van Stephan Bouwer met Jannie, Christa Steyn en Marié du Toit;

§    20 Oktober Jannie en die Tannie met inmenging (soos sy dit graag gestel het) van Engemi Ferreira, ‘n viering van Christa Steyn  en Jannie se samewerking van 21 jaar (2007);

§    27 Oktober Onderweg (Jannie se viering van sy musiekloopbaan van 40 jaar in 2011), met ‘n verhoogteks deur PG du Plessis en regié deur Emma Bekker. Susan Mouton - tjello en Clinton Zerf - klavier (2012);

§    3 November beSTEMmings – Die vlagskip-produksie vir Jannie se viering van vyftig jaar, bestaande uit Afrikaanse liedjies wat Jannie êrens oor die afgelope vyftig jaar opgeneem of op die verhoog gesing het. Hierdie program is goedgunstelik deur die ATKV geborg - die kultuurorganisasie waarmee Jannie reeds sedert die sewentigerjare 'n pad geloop het. ‘

‘n Twintigtal gaskunstenaars – waaronder Coenie de Villiers, Anna Davel, Charlene Lackay, Sergio Zampolli, Laurinda Hofmeyr, Gisela de Villiers en Lochner de Kock - het op 5 September vanjaar tydens die Kunstefees in die Kleine in die AfriForum Teater saam met Jannie opgetree. Hulle sing en speel in hierdie program liedjies wat hulle aan hom verbind – van so ver terug as Trilogie van die 70’s tot Breathe, die jong a capella-groep wat die afgelope vyf jaar gereeld saam met hom optree;

§   10 November Bonjour Monsieur Brel onder regié van Juanita Swanepoel met Susan Mouton – tjello en Chanie Jonker – klavier en akkordeon. Jacques Brel se meesleurende liedjies wat Jannie in Frans, Afrikaans, Engels en Nederlands sing (gedebuteer in 2016 en opgeneem in 2019);

§    17 November My halfeeu met musiek – Jannie vertel sy verhaal van die afgelope 50 jaar. 'n Collage ingekleur met video-, klank- en beeldmateriaal vervaardig deur Pierre Smith (2021);

§   24 November  Kiekies – Lucas se liedjies – met Thean Kotzé. Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid, taalvaardigheid, humorsin en kreatiewe gees (gedebuteer in 2016 en opgeneem in 2019);

§    1 Desember Oesjaar – met die musiek van Jannie se jongste komposisies van 2018 onder regié van Emma Bekker (opgeneem in 2019);

§    8 Desember Doep is nie dood nie, uitsluitlik musiek en tekste van Koos du Plessis. Saamgestel deur Carl Theunissen en Jannie du Toit met Coenraad Rall: klavier en akkordeon en Susan Mouton: tjello; (gedebuteer in 2014, opgeneem in 2015);

§    15 Desember Die maan deur ‘n gaatjie in die nag
‘n Nuwe produksie oor die musiek van Marie Tredoux, wat in 2020 gedebuteer het en op 5 September 2021 tydens die Kunstefees in die Kleine opgeneem is met Chanie Jonker: klavier en akkordeon; en Annelie du Plessis-Hoberg: dwarsfluit, xilofoon en trompie;

§    22 Desember  In Kersfeestyd 2021 – ’n Kersprogram met die a capella-groep Breathe en sopraan Renette Bouwer as gaskunstenaars. Hierdie program bevat musiek wat op 5 September 2021 tydens die Kunstefees in die Kleine in die AfriForum Teater opgeneem is. Die geliefde prediker en teoloog, Dr André Bartlett, se bindingsteks verleen aan die slot-episode van die reeks die karakter van ‘n egte Kersprogram.

 

OKTOBER

Bonjour Monsieur Brel

Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier en akkordeon)
Die Teater, Linden
Eerste optrede in die nuwe teater van André Stolz
TYD: 19h30
BESPREEK by: 072 632 6459 of jopie@pireneefteater.co.za

 

ATKV-toer
‘n Liedjie vir jou – Jannie met kitaar

Woensdag 13 Oktober
Zastron 
Oggend by ‘n aftree-oord    
Aand huiskonsert    

Donderdag 14 Oktober           
Burgersdorp   
Oggend by aftree-oord                             

Rouxville         
Aand                                     

Vrydag 15 Oktober
Bloemfontein                   
Oggend by aftree-oord

                        

Saterdag 16 Oktober               
Senekal   
Optrede oggend 
Aand Huiskonsert    

Sondag 17 Oktober
Jannie en Chanie Jonker (klavier en akkordeon)
Privaatoptrede: Pretoria

Vrydag 22 Oktober
Jannie oorhandig ‘n toekenning aan Mornay du Plessis – Koos du Plessis se weduwee – tydens ‘n funksie van die FAK in Pretoria

   

Kunstefees in die Kleine in Centurion

Centurionteater 
Vrydag 29 Oktober
 
DOEP IS NIE DOOD NIE  19h00

Saterdag 30 Oktober
Die Maan deur ’n gaatjie in die nag  15h00

beSTEMmings  19h00
BESPREEK by: info@centurionteater.co.za of 012 664 7859

  

NOVEMBER

Woensdag 3 November
IN KERSFEESTYD 2021
Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier) saam met die a capella sanggroep Breathe (Gabi Nkosi, Sandile Mcunu, Sizwe Mondlane).
Pierneefteater
TYD: 19h00
BESPREEK by: 
info@pierneefteater.co.za Whatsapp 072 460 5568

Saterdag 6 November
‘n Liedjie vir jou
Jannie
NG Horison – Damesoggend

Sondag 14 November

IN KERSFEESTYD 2021
Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier) saam met die a capella-sanggroep Breathe (Gabi Nkosi, Sandile Mcunu, Sizwe Mondlane).
NG Ermelo-Oos
TYD: 9h00

Sondag 21 November
In Kersfeestyd 2021
Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier) saam met die a capella sanggroep Breathe (Gabi Nkosi, Sandile Mcunu, Sizwe Mondlane).
NG Secunda (Rondekerk)
TYD: 8h30


Sondag 28 November
In Kersfeestyd 2021
Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier) saam met die a capella sanggroep Breathe (Gabi Nkosi, Sandile Mcunu, Sizwe Mondlane).
NG Alberton-Suid
TYD: 9h00

DESEMBER

 DONDERDAG 2 tot WOENSDAG 22 DESEMBER 2021
Jannie beplan om op sy Kaapse toer in Desember hierdie jaar be
STEMmings saam met Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klawers)aan te bied, die vlagskip-produksie waarmee hy 50 jaar met Afrikaanse musiek vier. Daar vind ook vier Kunstefeeste in die Kleine op die toer plaas, waarby meer produksies betrokke sal wees. Ken Forrester bied wynproeë aan by die "Kunstefeeste".

Daar vind ook vyf Kunstefeeste in die Kleine plaas, waarby sy Marie Tredoux-, Koos Doep-,  Brel- en  Kersprogramme afwisselend ingesluit sal wees. Ken Forrester bied wynproeë aan by hierdie "Kunstefeeste".

Donderdag 2 Desember
be
STEMmings/Kersprogram
Kroonstad

Kunstefees in die Kleine – Bloemfontein
Vrydag 3 Desember
Aasvoëlklub, Bloemfontein, in samewerking met die ATKV. 
Doep is nie dood nie
TYD: 19h00

Saterdag 4 Desember
Naval Hill Planetarium, Bloemfontein
be
STEMmings
TYD: 19h00
(BESPREEK by 
jannie@agterplaas.co.za of whatsapp Jopie by 072 460 5568 vir hierdie optrede.)

Sondagoggend 5 Desember - 'n Kersoptrede by NG Universitas Bloemfontein

 

Kunstefees in die Kleine: Drostdyteater, Stellenbosch
Woensdag 8 Desember 
Bonjour Monsieur Brel
Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker

Donderdag 9 Desember
Die Maan deur ’n gaatjie in die nag
Jannie, Chanie Jonker, Annelie du Plessis-Hoberg

Vrydag 10 Desember
beSTEMmings
Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker
BESPREEK by Computicket/ane@drostdyteater.co.za

 

Kunstefees in die Kleine: Die Koelkamers, Paternoster
Saterdag 11 Desember
15h00
Bonjour Monsieur Brel
Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker

18h00
be
STEMmings
Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker

 Sondag 12 Desember
15h00
Die Maan deur ‘n gaatjie in die nag
Jannie, Chanie Jonker, Annelie du Plessis-Hoberg

18h00
Doep is nie dood nie
Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker
BESPREEK by 
www.diekoelkamers.com

Dinsdag 14 Desember
beSTEMmings
Yzerfontein

Woensdag 15 Desember
beSTEMmings
Hermanus
NG Kerksaal
Ten bate van Huis Lettie Theron

Vrydag 17 Desember

beSTEMmings
Stilbaai
NG Kerksaal

 

Kunstefees in die Kleine: Mosselbaai

Saterdag 18 Desember
beSTEMmings
NG Mosselbaai

19h00

Sondag 19 Desember

Oggenddiens: Mosselbaai
Middag: 'n Kersprogram in Hartenbos

Maandag 20 Desember
Die Maan deur ’n gaatjie in die nag
Jannie, Chanie Jonker, Annelie du Plessis-Hoberg

Twin Trees Waffle House in Groot Brakrivier

20h00

Dinsdag 21 Desember
beSTEMmings 
George Arts Theatre
TYD: 
19h00

Woensdag 22 Desember
be
STEMmings 
Prince Albert Showroom Theatre
TYD: 
19h00

 Verdere inligting sal bygevoeg word, sodra beskikbaar

 

OPTREDES 2022 - DV 

Oppiwater Kunstefees 23 tot 28 Januarie 2022
KIEKIES – LUCAS SE LIEDJIES
Jannie en Thean Kotze
Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans.  Hierdie program, Wat Jannie en Thean al sedert 2016 aanbied, herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees. Soos Lucas se tekste is sy musiek ook ryk geskakeer en bied dit aan die twee uitmuntende kunstenaars – die kombinasie van twee kitare en twee stemme - oorgenoeg ruimte vir eksperimentering en verskeidenheid.

Vir besprekings sien www.oppiwater.co.za

 

Vir alle navrae oor Jannie se optredes – besprekings, kaartjieverkope ens - skakel Jopie Koen by 072-460-5568 en/of stuur eposse beide aan jopie@pierneefteater.co.za en jannie@agterplaas.co.za