Vir alle optredes kontak Jopie Koen by 072 460 5568 of 012 329 0709 of stuur 'n epos na jopie@pierneefteater.co.za

OPTREDES 2021 - DV

 Vir alle navrae skakel Jopie Koen by 072-460-5568 en/of stuur eposse beide aan jopie@pierneefteater en jannie@agterplaas.co.za

JUNIE 2021

 DONDERDAG 3 JUNIE

Die eggo van jou oë – Privaat funksie

Badplaas

Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier)

 

SATERDAG 5 JUNIE 19h00

Doep is nie dood nie

Afriforumteater, Pretoria
Jannie, Carel Henn (tjello), Chanie Jonker (klavier)

 

SATERDAG 12 JUNIE

Doep is nie dood nie

Afriforumteater, Pretoria
Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier)



 JULIE 2021

 

SATERDAG 3 JULIE 

Wakkerstroom Bistro

15h00

THOSE WERE THE DAYS

Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier en akkordeon)

BESPREEK by: Lizzie - 072 252 5781 - freerange@metamorphis.co.za

 

AUGUSTUS  EN SEPTEMBER 2021

Kunstefees in die kleine – op toer en dan voor die kamera’s

Jannie beplan om sy KUNSTEFEES IN DIE KLEINE, die hoogtepunt van sy viering van vyftig jaar met Afrikaanse musiek, op Sondag 5 September 2021 in die Afriforumteater in Pretoria aan te bied. Dit behels drie van sy produksies wat op dieselfde dag voor ‘n gehoor aangebied en opgeneem word, met die oog op uitsending deur kykNET. Dié dag se program lyk soos volg:

11h00    DIE MAAN DEUR ‘n GAATJIE IN DIE NAG –  met Marie Tredoux se liedjies
Klavier: Chanie Jonker Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg

15h00   beSTEMmings Tjello: Susan Mouton Klavier: Chanie Jonker

 

Dit is die vlagskip-produksie vir die halfeeu-viering en Jannie het vir die aanbieding op 5 September sy musiekvriende genooi om as gaskunstenaars op te tree. Dit belowe om ‘n feestelike geleentheid te word wanneer Jannie byvoorbeeld saam met Gisela de Villiers haar komposisie Die eggo van jou oë sing en saam met Coenie sy onsterflike Karoonag, waarby Jannie tydens sy heel eerste opname van dié liedjie in 1983 saam met hom ‘n tweede stem gesing het. Daarby kom ook nog Anna Davel, Lochner de Kock, Laurinda Hofmeyr, twee van Jannie se kollega’s in die sewentigs-sanggroep Trilogie – Andy Lubbe en Morg Jacobs - en nog meer verrassings.

19h00   SOLI DEO GLORIA (Aan God alleen die eer – met die oog op Jannie se halfeeu), ‘n program van geestelike musiek met Renette Bouwer en die a‑capella-groep Breathe (Gabi, Sizwe en Sandile) as gaskunstenaars.

 

Om letterlik meer kleur aan die dag te gee, word ‘n spesiale “Jannie du Toit”-roos wat Ludwig’s Rose danksy die FAK gekweek het, op die dag bekend gestel, asook ‘n gedenkuitgawe van CD’s: ‘n kissie met agt van Jannie se CD’s daarin, heel gepas getitel “ ‘n Liedjie vir jou”.

 

 

Die opgedateerde weergawe van Jannie se outobiografie wat in 2011 gepubliseer is oor sy 40 jaar met Afrikaanse musiek – ONDERWEG – word ook by hierdie geleentheid opnuut vrygestel. Die toevoeging in die nuwe uitgawe is ‘n hoofstuk wat heet “Nog ‘n dekade van genade”.

 

Dié groot dag word voorafgegaan deur ‘n volle maand waartydens vier “Kunstefeeste in die Kleine” wyd aangebied word. Kombinasies van drie of vier van Jannie se produksies word vanaf Vrydag 6 Augustus tot Sondag 29 Augustus in onderskeidelik Bloemfontein, Stellenbosch, Paternoster en Johannesburg aangebied. Die produksies wat deel van die rondreisende Kunstefees vorm is:

§    beSTEMmings – die vlagskip-produksie vir sy halfeeu saam met sy vaste ensemble van Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klawers), ondersteun deur die ATKV. Anders as baie van sy ander programme waarin hy veral ook in Nederlands, Engels en Frans sing, bestaan beSTEMmings net uit oorspronklike Afrikaanse liedjies wat gedurende die halfeeu deur sy vriende en homself geskryf is

§    Soli Deo Gloria – ‘n Geestelike program met sopraan Renette Bouwer asook die a capella-groep Breathe as gaskunstenaars;

§    Die Maan deur ‘n gaatjie in die nag
Liedjies van die volksdigter/sangeres, Marie Tredoux, van Jacobsbaai op die Weskus. Annelie du Plessis-Hoberg (dwarsfluit) speel in hierdie program saam met Chanie Jonker en Jannie, en die bindteks vir die produksie is geskryf deur Dana Snyman, ‘n baie goeie vriend van Marie, wat ook op Jacobsbaai bly;

§    Bonjour Monsieur Brel – Jacques Brel se liedjies in Afrikaans, Nederlands, Frans en Engels saam met sy vaste ensemble van Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klawers). Hulle het plaaslik, maar ook in België en Nederland groot lof gekry, en Classic FM speel oor die afgelope paar jaar gereeld opnames uit hierdie program;

§    Doep is nie dood nie – Koos du Plessis se onsterflike liedjies. Jannie sing en dra tekste van sy gestorwe vriend voor. Die program het ‘n Ovation-toekenning by die Grahamstadfees ontvang asook resensies en gehoor-reaksie uit die boonste rakke. Die program het by 2014 se KKNK gedebuteer – 30 jaar nadat Koos oorlede is – en word steeds gereeld aangebied. Ook in België en Nederland was gehore gaande daaroor.

 

Omdat die 5de September volgeprop gaan wees met produksies waarmee Jannie sy vyftig jaar vier, word beplan om alles wat daar gebeur met die hulp van Dapper Media – wat ook die drie verhoogproduksies verfilm - regstreeks te stroom. Dit beteken dat musiekentoesiaste teen ‘n klein betaling die hele dag lank volledig deel  sal kan wees van die feestelikheid. Om seker te maak dat almal landswyd – en ook wêreldwyd – dit sal kan sien, sal die stroming vir ‘n week lank lewendig gehou word. Drie van die produksies hierbo genoem word op daardie Sondag by die Afriforumteater in Pretoria opgeneem met die oog op beeldsending deur kykNet: Die Maan deur ’n gaatjie in die nag, beSTEMmings, Soli Deo Gloria

 

Geredigeerde weergawes sal natuurlik deur kykNet uitgesaai word, terwyl die regstreekse stroming die volledige konserte – met al die menslike foutjies –   asook gesprekke met Jannie se kunstenaarsvriende en ander gebeurlikhede sal insluit. Jannie se produksies “Oesjaar” en “Kiekies – Lucas se Liedjies” saam met Thean Kotze sal aanlyn te sien wees in die tye tussen die “lewendige” vertonings.


 

Die toerprogram wat die “groot” dag voorafgaan, lyk soos volg:

 

Kunstefees in die Kleine: Bloemfontein

Vrydag 6 Augustus 

19h00

beSTEMmings

Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker

Sa 7 Augustus

19h00 

Die Maan deur ’n gaatjie in die nag

Jannie, Chanie Jonker, Annelie du Plessis-Hoberg

So 8 Augustus

15h00

Doep is nie dood nie

Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker

BESPREEK by jannie@agterplaas.co.za of whatsapp 072 460 5568

Kunstefees in die Kleine: Drostdyteater

Woensdag 11 Augustus 

Bonjour Monsieur Brel

Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker

Donderdag 12 Augustus

Die Maan deur ’n gaatjie in die nag

Jannie, Chanie Jonker, Annelie du Plessis-Hoberg

Vrydag 13 Augustus

beSTEMmings

Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker

BESPREEK by Computicket

 

Kunstefees in die Kleine: Paternoster

 

Saterdag 14 Augustus

15h00
Bonjour Monsieur Brel
Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker
Saterdag 14 Augustus
18h00
beSTEMmings
Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker

 

Sondag 15 Augustus

15h00
Die Maan deur ‘n gaatjie in die nag
Jannie, Chanie Jonker, Annelie du Plessis-Hoberg
Sondag 15 Augustus
18h00
Doep is nie dood nie

Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker
BESPREEK by 
www.diekoelkamers.com


Jan Celliers Laerskool

Vrydag 27 Augustus       

19h00

Bonjour Monsieur Brel

Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker

Saterdag  28 Augustus  

15h00

Die maan deur ’n gaatjie in die nag

Jannie, Chanie Jonker, Annelie du Plessis-Hoberg

Saterdag 28 Augustus   

19h00

beSTEMmings

Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker

Sondag 29 Augustus      

15h00

Soli Deo Gloria

Jannie, Susan Mouton, Chanie Jonker

Breathe (Gabisile, Sandile, Sizwe) + Renette Bouwer (sopraan)

BESPREEK by jannie@agterplaas.co.za of whatsapp 072 460 5568

Vanaf einde September tot net voor Kersfees word Jannie se bydrae tot Afrikaanse musiek en kultuur geëer deurdat kykNet ‘n reeks van dertien vollengte-programme - getitel  ‘N LIEDJIE VIR JOU – op kykNet NOU uitsaai.

In samewerking met kykNET word beoog om vanaf September tot Desember ‘n reeks van dertien programme ter ere van Jannie se vyftig jaar uit te saai, onder die titel ‘n LIEDJIE VIR JOU,. Die skedule van programme - tussen 50 en 80 minute lank - lyk soos volg:

§    Legendes – Wynand Dreyer se dokumentêre program oor Jannie (2016);

§    Vroeër (‘n collage) – die verhaal van Jannie se eerste 25 jaar (1971 tot 1996) in video- klank en beeldmateriaal;

§    Skadu’s teen die muur, ‘n huldigingsprogam aan Koos du Plessis (1993) onder regié van Stephan Bouwer met Christa Steyn en Marié du Toit;

§    Jannie en die Tannie onder regié van Engemi Ferreira, ‘n viering van Christa Steyn  en Jannie se samewerking van 21 jaar (2007);

§    Onderweg (Jannie se viering van sy musiekloopbaan van 40 jaar in 2011), met verhoogteks deur PG du Plessis en regié deur Emma Bekker;

§    beSTEMmings – Die vlagskip-produksie vir Jannie se viering van vyftig jaar, bestaande uit Afrikaanse liedjies wat Jannie êrens oor die afgelope vyftig jaar opgeneem of op die verhoog gesing het. Die gaskunstenaars wat op 5 September in die Afriforumteater saam nmet Jannie gesing het, sal dan natuurlik ook op hierdie TV-program te sien wees;

§    Bonjour Monsieur Brel onder regié van Juanita Swanepoel met Susan Mouton – tjello en Chanie Jonker – klavier en akkordeon;

§    Later (‘n collage) – Jannie se verhaal van die afgelope 25 jaar in video-, klank- en beeldmateriaal;

§    Kiekies – Lucas se liedjies – met Thean Kotzé;

§    Oesjaar – met die musiek van Jannie se jongste komposisies onder regié van Emma Bekker;

§    Doep is nie dood nie, saamgestel deur Carl Theunissen en Jannie du Toit met Coenraad Rall: klavier en akkordeon en Susan Mouton: tjello;

§    Die maan deur ‘n gaatjie in die nag
Nuwe produksie oor die musiek van Marie Tredoux, wat in 2020 gedebuteer het en wat DV op 5 September 2021 opgeneem word met Chanie Jonker: klavier en akkordeon; en Annelie du Plessis-Hoberg: dwarsfluit;

§    In Kersfeestyd 2021 – ’n Kersprogram met die a capella-groep Breathe en sopraan Renette Bouwer as gaskunstenaars. Hierdie program word volgens ons beplanning kort voor Kersfees uitgesaai. Die geliefde prediker en teoloog, Dr André Bartlett, bind die program saam in die liturgie van ‘n Kerssangdiens.

 

 

SATERDAG 21 AUGUSTUS

Verjaardagoptrede – Privaat funksie

Agterplaas B&B Gastehuis, Melville

Jannie en Annelie du Plessis-Hoberg (dwarsfluit)

 

 

 

OKTOBER

 SONDAG 3 tot SONDAG 10 Oktober
Die Maan deur ’n gaatjie in die nag by die Vrystaatfees
Jannie, Chanie Jonker (klavier), Annelie du Plessis-Hoberg (fluit en slaginstrumente)
Verdere inligting sal bygevoeg word, sodra beskikbaar

 NOVEMBER

In Kersfeestyd 2021
Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier) saam met die a capella sanggroep Breathe (Gabi Nkosi, Sandile Mcunu, Sizwe Mondlane). Gaskunstenaar: Renette Bouwer

Daar word tans met gemeentes en ander instansies onderhandel om hierdie program te

 

DESEMBER

 

WOENSDAG 1 tot WOENSDAG 22 DESEMBER 2021

Jannie beplan om op sy Kaapse toer in Desember hierdie jaar beSTEMmings aan te bied, die vlagskip-produksie waarmee hy 50 jaar met Afrikaanse musiek vier.
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker

Onderhandelinge is op die oomblik aan die gang met venues en dorpe waar Jannie nou reeds 30 jaar toer – reeds sedert die vroeë negentigs, toe Christa Ateyn nog sy gereelde reisgenoot was

Verdere inligting sal bygevoeg word, sodra beskikbaar

 

 

OPTREDES 2021

 

KIEKIES – LUCAS SE LIEDJIES

Oppiwater Kunstefees

Jannie en Thean Kotze

Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans.  Hierdie program, Wat Jannie en Thean al sedert 2016 aanbied, herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees. Soos Lucas se tekste is sy musiek ook ryk geskakeer en bied dit aan die twee uitmuntende kunstenaars – die kombinasie van twee kitare en twee stemme - oorgenoeg ruimte vir eksperimentering en verskeidenheid.

 Vir alle navrae skakel Jopie Koen by 072-460-5568 en/of stuur eposse beide aan jopie@pierneefteater en jannie@agterplaas.co.za